René & Nadia

Ons trou naweek

Nadia&René

29 – 31 Mei 2026

Hoofdag: 30 Mei 2026

Ons storie

Party mense ontmoet mekaar op die mees beplande maniere—'n koffie-afspraak, 'n dating app, of deur gemeenskaplike vriende wat al lank probeer reël.

Maar ek en Nadia?

Ons het mekaar ontmoet presies soos die lewe dit soms die mooiste doen: heeltemal per toeval.

Voor daardie dag het ek en Nadia mekaar glad nie geken nie. Nie eers van mekaar geweet nie. Alles het begin toe my vriend Jean, wat in Nieu-Seeland bly vir sy skoonouers kom kuier het in Suid-Afrika. Daardie spesifieke Saterdag was 'n spesiale geleentheid: sy skoonouers het besluit om 'n groot familiepartytjie te hou vir al 4 hulle kinders se verjaarsdae en oomblikke wat hulle gemis het terwyl Jean en hulle dogter Chanel, oorsee was. Dit was 'n reuse kuier, vol mense, gelag, musiek, en natuurlik, heelwat nuwe gesigte.

Die dag het rustig begin. Ek het rondbeweeg, mense ontmoet, gesels, en net die lekker atmosfeer ingeneem. Ek het wel hier en daar 'n paar van die mense geken. Een van hulle was onder andere Jean se boetie Laurens, maar ek het nog nooit sy vrou ontmoet nie. Toe Laurens opdaag sonder haar, het hy net gesê: "Sy is nog by my laaitie se rugby. Sy bietjie kom later."

So gaan die dag aan.

Later die middag, toe ek in die swembad is, sien ek skielik binne in die huis 'n vrou wat ek nog glad nie ontmoet het nie. Ek neem toe sommer aan dis Laurens se vrou—want wie anders sou dit wees?

En ek onthou nog presies wat deur my kop gegaan het:
"Laurens… jy is 'n begaafde man. Daardie vrou is ongelooflik mooi."

Maar ek het nie dadellik ingegaan nie. Ek het net aangegaan met swem, speel en kuier. 'n Paar minute later klim ek uit—en toe kom Laurens se werklike vrou ingestap… en hulle stel my aan haar voor.

En toe besef ek:
Oukei… dan wie was daardie vrou wat ek vroeër gesien het?

Ek het dit maar gelos. Nie uitgevra nie. Net aangegaan met die partytjie.

Later skuif ons almal huis toe, na die kroeg area waar almal lekker sit en kuier. Ek raak toe aan die gesels met Jani, sonder om te besef dat die belangrikste persoon in hierdie hele storie op daardie oomblik al naby my is… en ek nog nie eens haar naam ken nie.

Ek het wel opgelet dat die twee vroue baie soos mekaar lyk—en later vra ek vir Jani, half nuuskierig:
"Is dit jou sussie?"

Sy kyk my aan en sê:
"Ja, dis my sussie."

En dis toe dat ek vir die eerste keer eintlik besef:
Nadia is Jani se sussie.

Die snaakse deel? Ek het vir Jani en Pieter al jare terug ontmoet, en ek het nooit geweet Jani het 'n sussie nie.

Ek en Nadia het daardie dag net liggies gesels. Niks wild nie. Niks dramaties nie. Net 'n paar sinne, 'n paar glimlagte, 'n bietjie gesels tussen al die mense en die lawaai. Maar daar was iets… 'n klein "iets" wat nie mooi verduidelik kan word nie, daardie stil gevoel van:hierdie vrou is anders.

En toe gebeur die deel wat mens altyd in flieks sien—maar nooit dink dit gaan met jóú gebeur nie.

Die "push" het gekom van die mense om ons.

Die volgende dag vertel Jani vir Nadia hoe goed ons by mekaar sou pas, en Jean het vir my gesê Nadia is presies die tipe vrou wat 'n man se lewe kan verander.

En so word dit toe gereël:
ons almal (Ek, Nadia, Jean, Chanel, Jani, en Pieter) móét die volgende naweek uitgaan.

Ek kry toe intussen Nadia se nommer, en in die week voor ons almal se "big" date begin ek en Nadia gesels. Net casual aan die begin… Ek het vinnig besef: ons praat maklik. Ons lag maklik. Ons stem saam oor baie dinge. Ons verstaan mekaar sonder moeite. Ek is besig om te hard te val vir haar…

Toe kom die naweek, en ons gaan uit.

En snaaks genoeg? Ons het nie eers daardie aand só baie saam gekuier soos mens sou dink nie—maar tog, van dáár af het dinge net begin rol.

Ons het meer gesels. Meer gekuier. Seker gemaak om mekaar elke naweek gesien. En amper sonder waarskuwing het hierdie verhouding vinniger vlam gevat as enigiets wat ek al ooit beleef het.

Daar was nie twyfel nie. Nie speletjies nie. Nie halfpad nie.

Net daardie rustige sekerheid:
ek wil heeltyd by hierdie mens wees.

Nadia het baie vinnig my meisie geword… toe my verloofde…

En nou staan ons op trou.

As ek eerlik is, is daar net een ding wat ek anders sou wou hê:
ek wens ek kon haar vroeër in my lewe ontmoet het.
Sodat ek haar langer kon ken. Langer kon liefhê. En vroeër kon trou.

Want Nadia is nie net spesiaal nie, sy is wragtig iets besonders.

En ek dank God dat "toeval" ons twee op dieselfde plek, op dieselfde dag, by dieselfde partytjie laat beland het.

Want daardie dag…
het ek nie net iemand ontmoet nie.

Ek het my vrou ontmoet!

René en Nadia by die see
René en Nadia op die strand
René en Nadia sonsondergang

Die gevolg

Strooinooie

Jani

Hoof strooinooi

Jani

Marné

Strooinooi

Marné

Chané

Strooinooi

Chané

Miranda

Strooinooi

Miranda

Klara

Blommemeisie

Klara

Strooijonkers

Cejé

Hoof strooijonker

Cejé

Ryno

Strooijonker

Ryno

Lappies

Strooijonker

Lappies

Pieter

Strooijonker

Pieter

Nathan

Hofknapie

Nathan

Ons ouers

Nadia se ouers

Gawie Joubert (Pa)

Gawie Joubert

Jo-Rone Joubert (Ma)

Jo-Rone Joubert

René se ouers

Errol Lapin (Stiefpa)

Errol Lapin

Elize Lapin (Ma)

Elize Lapin

Venue inligting

Mellow Stream

Ons troue vind plaas by die pragtige Mellow Stream – 'n rustige en natuurlike venue wat perfek by ons naweek pas.

Ligging

Mellow Stream

Maak die kaart in Google Maps oop vir aanwysings.

Belangrike inligting

Kleredrag: Formeel. Mei-maand in die Hoëveld het sonnige dae en koue nagte.

Kaartfasiliteite vir die kontantkroeg is beskikbaar.

Stofberg het slegs 'n vulstasie, drankwinkel en slaghuis — maak asseblief seker julle pak alles in wat julle sal benodig.

Wat moet julle saambring

Eie drinkgoed SLEGS vir Vrydagaand (dit sluit alkoholiese en nie-alkoholiese drankies in).

Vanaf Saterdag MOET alle alkoholiese drank asseblief by die venue se kroeg gekoop word. Streng boetes sal toegepas word indien die venue se reëls nie gevolg word nie.

Kos

Alle kos word deur die loop van die naweek voorsien. Dit sluit in:

Vrydag aand

Saterdag oggend ontbyt

10:00

Saterdag middag

Geen middagete nie. Die volgende ete is eers saam met die troue se canapés, rondom 15:00–16:00. Eie peuselhappies is welkom.

Saterdag aandete

Bediening tussen 18:00 en 18:30

Saterdag middernag ete

Papballe word deur Mellow Stream voorsien rondom 00:00

Sondag oggend ontbyt

08:30

Koffie is ten alle tye beskikbaar.

Verblyf

Ons wil graag hê almal moet saam kuier en die volle naweek saam met ons geniet — daarom word oorslaap vir alle gaste sterk aanbeveel.

Daar is verblyf op die perseel beskikbaar, sowel as verblyf ongeveer 5–20 minute rondom Mellow Stream.

Ons hanteer al die verblyf besprekings vir Mellow Stream / Crystal Stream self.

Verblyf opsies

Opsie 1 – Kampeerterrein (R180 per persoon, per nag)

(slegs 6–8 staanplekke beskikbaar)

Opsie 2 – Glamping (R350 - R500 per persoon, per nag)

Opsie 3 – Luukse verblyf (R650 - R850 per persoon, per nag)

Laat weet asseblief so spoedig moontlik watter opsies julle verkies (kies asseblief 2 opsies). Ons sal ons bes doen om almal sover moontlik volgens hul verblyfkeuse te akkommodeer.

Gemeenskaplike ablusieblokke en opwasgeriewe is beskikbaar vir Kampeer- en Glamping-verblyf.

Humor

Op 'n ernstige noot, alle kinders is welkom by die troue!

Ons wil egter vriendelik vra, slegs indien dit moontlik is — of hulle dalk daardie naweek by Oupa en Ouma, of by hul beste maaitjies kan gaan kuier, aangesien ons begroting net so beperk soos die slaapplek is.

RSVP

Ons sal dit baie waardeer as jy voor die sperdatum kan RSVP. Dit help ons om alles mooi te beplan.

Sperdatum: 15 Maart 2026

Verblyf voorkeure *

Kies asseblief 2 opsies in volgorde van voorkeur

Geskenk wenk

Julle teenwoordigheid beteken vir ons die meeste. As jy wel 'n geskenk wil gee, sal ons 'n bydrae tot ons nuwe begin (of wittebrood) opreg waardeer.

Bydrae-opsie

Kontantbydrae / EFT

Bankbesonderhede:
Bank: FNB/RMB
Account Holder: Rene Nel
Account Type: Cheque
Account Number: 62381719958
Branch Code: 250655

Verwysing: (Jou Naam) - Nel troue

Alternatief

'n Klein iets vir ons huis, of 'n ervaring vir die wittebrood – enige liefdevolle gebaar is welkom.